Wy/af/Texas

< Wy‎ | af
Wy > af > Texas

Texas is die tweede grootste en tweede mees bevolkte staat in die Verenigde State van Amerika.

Vlag van texas

Austin - hoofstad van die staat en die tuiste van die hoofkampus van die Universiteit van Texas

Praat edit

Texas het geen amptelike taal nie. Soos met die res van die Verenigde State is Engels egter die oorheersende taal van die staat. Spaans word ook deur ongeveer een derde van die bevolking gepraat, en is die eerste taal van baie inwoners van die dorpe aan die Mexikaanse grens. Moet egter nie aanvaar dat alle Hispanic Texans Spaans praat nie. Sommige gesinne is al langer in Texas as wat Texas deel van die VSA was, en praat dus óf net Engels, óf gebruik Spaans net as 'n tweede taal. Texas het ook klein getalle Chinese, Koreaanse, Tagalog en Viëtnamees sprekers.