Wn/af/Skuldigbevinding in Winnie Rust-moordsaak

< Wn‎ | af
Wn > af > Skuldigbevinding in Winnie Rust-moordsaak

Nigel Plaatjies (19) en sy oom Johannes Plaatjies (35) is Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind op aanklagte van moord, roof, poging tot brandstigting, diefstal en bedrog. Vonnis is uitgestel tot 5 Februarie 2018. Die skrywer Winnie Rust se lyk is op 11 Mei 2016 deur haar man, dr. Manie Rust (84), in hul huis op Wellington in die Wes-Kaap gevind. Maroela Media berig dat Winnie Rust se hande en voete vasgebind was en dat sy beserings aan haar gesig gehad het. Die moordenaars het 'n kers langs 'n oop gasstoof in die huis gelaat.

Bronne edit