Wn/af/Aandeelprys van Steinhoff stort in duie ná bedanking van HUB

< Wn | af
Wn > af > Aandeelprys van Steinhoff stort in duie ná bedanking van HUB

Aandele in Steinhoff Africa verhandel Woensdag sowat 30% laer in Johannesburg en aandele in Steinhoff International verhandel sowat 58% laer in Frankfurt nadat HUB Markus Jooste bedank het en Steinhoff International die uitreiking van sy jaareindresultate tot verdere kennisgewing uitgestel het. Dít terwyl 'n ondersoek na rekeningkundige en belastingonreëlmatighede by die firma in Duitsland tans onderweg is. Bloomberg berig dat meer as 7 miljard euro van Steinhoff International se markkapitalisasie op Woensdag uitgewis is, met die laaste aandeelprys op 1,25 euro. Die aandeelprys was 5,075 euro op sy eerste dag van verhandeling in Frankfurt in Desember 2015.

Bronne

edit